Marlie Coetzee, VivA se raakvat-bestuurshoof, het onlangs haar MBA behaal en het ʼn spesiale toekenning vir ʼn projek ontvang. Ons het haar gevra om so ʼn paar vrae oor haar studie te beantwoord sodat ons met haar kan spog.
Verlede week se top- drie politiekkorrekthede:
Dit is oor laasgenoemde wat ek dit vandeesweek wil hê.
Wat is taal? Waar kom taal vandaan? Hoe werk taal?
Die wetenskap wat hom met die aard en ontwikkeling van taal bemoei, met al die beginsels en fasette onderliggend aan taal, is die linguistiek.
Sonder taal sou omtrent geen menslike aktiwiteit kon plaasvind nie. Ons eenvoudigste denke, kennis van die geskiedenis, ons navorsing oor elke aspek van die wêreld en die heelal waarin ons ons bevind (liggaamlik, ekologies, geestelik), ons kulturele erfenis, saketransaksies, kommunikasie oor gesondheid, ons individualiteitsgevoel, die mens se gemeenskapsbewussyn, noem maar op. Dit alles berus op taal.
Vir elke vorm van kennis is kennis van taal die alomteenwoordige grondslag.
Die eerste internasionale kongres van taalkundiges is in 1928 in Den Haag gehou. Dit was die eerste keer in die geskiedenis dat die taalkunde as ’n outonome studiegebied aangebied is. Tydens dié nooienskongres is ’n permanente internasionale komitee van taalkundiges (die Comité International Permanent des Linguistes, CIPL) in die lewe geroep. Sedert 1945 word die CIPL deur Unesco beskerm, die Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie van die Verenigde Nasies.
Wat kan iemand vir jou sê wat só erg is dat jy daardie persoon iewers wil gaan aangee?
Dis die lakmoestoets wat my vriendin Suléne voorstel toe ek en sy vandeesweek sit en praat oor my vrees om binnekort weer te begin klas gee. Waarom? Want ek is bang vir millenniërs …
Ek is bang om op my PowerPoints voorbeeldwoorde uit Maleis of Nederlands in skuinsdruk te plaas, want dalk word ek aangekla van profilering van die Ander. (Dis nie verregaande nie. Die jong Filippynse skrywer Isabel Yap het onlangs eiehandig besef dat sy besig is met be-ander-ing (“othering”) as sy in haar Engelse fiksie die anderstalige woorde in skuinsdruk plaas. #ItalicsMustFall)
Ons plaas daagliks op VivA se Facebookblad ʼn taalwenk. Dis in grafika ingebed, en ek pas moeilik meer as ʼn sin en ʼn voorbeeld in so ʼn prentjie in, daarom moet ek mooi besin oor wat ek in so 'n wenk wil plaas. Dit help nie ʼn mens probeer ʼn ingewikkelde saak soos afleidings van eienaamwoorde in so ʼn wenk inprop nie – ek kan hoogstens een voorbeeld daarvan aanhaal en dan hoop die gebruikers op die blad gaan slaan in die bron self na wat die reëls is. Soms gebeur dit, meestal nie. Gebruikers vra op die blad self, en ek moet soms bontstaan om al die vrae te beantwoord. Veral as die kwessie mense warm onder die kraag het.
So plaas ek hierdie week (op versoek van ʼn paar gebruikers) die wenk dat die inwoners van die eilandjie doer onder in Afrikaans Australiërs genoem word, nie Australianers nie.