Deur Pieter Bosman
Wanneer ’n mens na die volksname van voëls kyk, val dit op dat daardie voëls wat gewoonlik naby mense leef, heelwat verskillende noemname het. Dink aan die bokmakierie, janfrederik, tiptol, ensovoorts.
Die uitsondering op hierdie reël is die kraai. In Suid-Afrika het die drie inheemse kraaie elk slegs een alternatiewe noemnaam: swartkraai – koringlandkraai; witborskraai – bontkraai (mantelkraai); en withalskraai – rinkhalskraai.
(’n Volksnaam vir neushoringvoëls is boskraaie, hoewel hulle nie aan kraaie verwant is nie.)
Sedert hy my jare gelede in ʼn restaurant in die Baai aan Diemersfontein se sjokoladepinotage voorgestel het, kry ek so dan en wan ʼn e-pos met ʼn taaluitdaging van die fameuse Kerneels Breytenbach. My dag/week/maand word gewoonlik opgevrolik, want hy stel nou nie juis jou gemiddelde agt-tot-vyftaalvrae nie.
Vandeesweek: “Waar kom die woord ‘pylvak’ vandaan?”
Ek dag eers daar was ʼn verlaging in die algemene standaard van sy vrae, want dis tog voor die hand liggend: Pylvak kom uit …
Gebruiker Mari Brink stuur in die week ʼn noodroep: Bespreek asseblief die begrip "samestellende afleiding". Dit gee ʼn groot gestry af! Laat ons nou eenmaal hierdie tameletjie (wat nooit een was nie) kou en klaar kou.
Mari is reg oor ʼn klomp goed – dit is ʼn tameletjie, dit is ʼn voortslepende bron van taalkundige onmin, en dit moes nooit onmin veroorsaak het nie, want die begrip word behoorlik, en met genoeg voorbeelde, in die AWS se terminologielys bespreek. Min mense weet van die lys (en nog minder steur hulle daaraan), maar dit is kernbelangrik om die begrippe in die lys te ken omdat dit terminologie is wat in die bewoording van die reëls gebruik word. Sonder behoorlike begrip van die terminologie in die lys, verstaan ʼn mens ook nie die reëls nie. Daarbenewens is dit altyd wys om geverifieerde inligting oor moeilike taalkundige terminologie op te spoor en te vertrou, eerder as om staat te maak op die ongefundeerde (en verkeerde) bespiegelings wat ʼn mens op baie sosialemediaplatforms aantref.
Uit meer as 910 000 unieke woorde in die Taalkommissie se ~50-miljoenwoordkorpus, lê die woord baie op die 61e plek. Om dit konkreet te maak: As baie aan die Comradesmaraton moes deelneem, sou hy om ʼn tweede plek in die resies meeding. Lekker vinnig, dus.
Soos talle Comradesatlete ook buitelanders is, so word ook dikwels veronderstel dat baie deel is van Afrikaanse se sogenaamde uitheemse stratum. Om kort pad te neem: Dié teorie sê dat baie uit die Maleise woord banyak (oftewel banjak) wat “baie” beteken, ontstaan het. Om van banyak tot by baie te kom, moet jy net die [n] in die middel en die [k] aan die einde laat val. Finish en klaar, ons hoef nie verder te soek nie.
Uit “bhang”, die Indiese naam vir Cannabis sativa (volgens Facebook ook “omkyktwak”) het die Konstitusionele Hof dié week vir bostrekkers die benoudheid gehaal.
Met sy kenmerkende regop stingel en uitwaaierende tandjiesblare is dié eenjaarkruid die bekendste soort van ’n plantgeslag inheems in die gematigde streke van Asië. Wanneer sy blare, blomme en takkies gedroog en gerook, gekou, of in wateraftreksels gedrink word, kan oormatige gebruik lei tot verslawing: cannabismus, of kannabisme.
Voor Jan van Riebeeck in die Kaap voet aan wal gesit het, was dié kruid van Portugese seevaarders by die Khoi-Khoin al as “(mak)dagga” bekend. Dit het hulle aan hul eie “daXa-b”, “wildedagga”, herinner.