profile pic

Is ons aan die 'digitiseer' of 'digitaliseer'?

Vrydag, 04 Januarie 2019 Geplaas deur Gerhard van Huyssteen

Terwyl almal nog ter strande is, skryf ek maar ʼn bietjie vir die bleeksiele wat al hierdie week agter hulle kompers en ander digitale toestelle moes inskuif.

Die woord “digitaal” is lank reeds in Afrikaans en ander Germaanse tale bekend. Oorspronklik ʼn afleiding van die Latynse “digitus” wat “vinger” beteken, het dit in die sestiende eeu verwys na dit wat betrekking het op vingers. Ook Afrikaans het vroeër slegs dié betekenis geken, soos in 1955 in die WAT opgeteken:

digitaal’ b.nw. Wat op die vingers of tone betrekking het: Digitale eksplorasie, ondersoek van die liggaamsholtes met die vinger. (!!!)

profile pic

Bleshoenders

Donderdag, 27 Desember 2018 Geplaas deur VivA-redaksie

Deur Pieter Bosman

bleshoender

 

Die swart bleshoenders dryf verby
agter die skraal wit riet
en die hele grys vleilandskap word
vol óú verdriet
               NP van Wyk Louw, “Seekoevlei

profile pic

Is jy geneig tot verstoptisme of verlangpaniek?

Vrydag, 21 Desember 2018 Geplaas deur Gerhard van Huyssteen

Dis Desember, die winkels is luidrugtig versier (al sedert Oktober, in Europese kleure), Boney M sing orals (maar veral ook in lewend lywe, Oukersaand in Pretoria) en ek veroorloof my my gebruiklike eindjaarplesiertjie (of is dit jaareindplesiertjie?) om te besin oor nuutskeppings van die afgelope jaar.

Uithangonderrokwaarskuwing! Ek het op 3 Augustus deser hier geskrywe dat ek tans die hipotese voorhou dat nuwe ontdekkings en uitvindsels toenemend (of dalk nog altyd?) in die Anglo-Amerikaanse omgewing gemaak en benoem word. Ander tale loop maar gewoon agter Engels aan, hetsy deur die nuwe woorde te vertaal of net so oor te neem.

profile pic

Titseltjies en druppeltjies

Vrydag, 14 Desember 2018 Geplaas deur Jana Luther

katpootjieOm groothede te meet, gebruik die wêreld op enkele uitsonderings (soos die VSA) na, sedert 1960 die praktiese, eenvormige metrieke stelsel: die Système International d’Unités, Internasionale Stelsel van Eenhede, kortweg die SI‑stelsel, wat werk in veelvoude, subveelvoude en desimale van tien. In Bylae G van die elfde (2017-)uitgawe van die AWS word die metingseenhede van dié stelsel in besonderhede behandel. Maar vir kleinhede word van toeka, en steeds, ook ander, lukraker eenhede gebruik: ettertjies, flentertjies, rapsies, druppeltjies. Dié lys is lank.

profile pic

Oor ape wat nie weet hulle dra goue ring nie

Vrydag, 07 Desember 2018 Geplaas deur Gerhard van Huyssteen

Al dra ʼn aap ʼn goue ring, hy is en bly ʼn lelike ding.

Spreekwoorde soos dié verkondig altyd een of ander waarheid of lewensles wat so ongeveer universeel geldend is. Hoe so? Want dit word baseer op waarnemings en stereotipes wat ʼn groot deel van die gemeenskap ken en herken, juis omdat dit so ʼn algemene verskynsel is.

Byvoorbeeld, ons almal ken een of ander Anghela in Sandton wat eintlik maar ʼn doodgewone Engela van Makwassie is. Sy’t ʼn tweetal onderskeidings in matriek behaal en haar toe in die Groot Stad as een of ander prokureur of binnenshuise ontwerper loop kwalifiseer. En nou is sy verhewe bo Makwassie. Sy is o, so hip en verlig en vertel graag hoe sy en haar Gay Vriend weer die afgelope Saterdag ge-shop het tot sy drop. In liberale geselskappe verwys sy ook gragies na haar Black Friends, ofskoon foto’s van hulle op haar art deco-skoorsteenmantelrak ontbreek.

Sy is ʼn aap met ʼn goue ring.