Stille Afrikaans: die Afrikaans van mense wat gesien maar nie gehoor word nie, van mense wat so dikwels in ongekose stilte moet leef. Die Stille Afrikaanses is blinde en dowe mense, of mense wie se sig en gehoor op só ʼn wyse geïnhibeer word dat hulle nie Afrikaans op dieselfde ongekniehalterde maniere as die gemiddelde Afrikaanssprekende kan gebruik nie.
Hoeveel doen ons as taalgemeenskap vir dié deel van ons gemeenskap? Byvoorbeeld, as jy ʼn skrywer is, eis jy die oudioregte van jou blitsverkoper by jou uitgewer op en lees jou boek dan self as vrywilliger voor by onder andere die South African Library for the Blind?
Het jy al daaraan gedink dat ʼn gebrek aan Afrikaanse onderskrifte by TV-programme en films dowe Afrikaanssprekendes die voorreg ontneem om sulke media in hulle moedertaal te geniet? As jy vandag doof word, gaan jy nie weer ʼn Afrikaanse sepie in Afrikaans kan geniet nie – slegs in Engels.
Twee onlangse Afrikaanse projekte is hartverwarmend.
Vir Nederlands as vak het kurrikulumbeplanners verlede week ’n dokument vrygestel waarin hulle sewe kerndoelwitte – “7 grote opdrachten” – uiteensit vir toekomstige taalonderrig op skool.
In Neerlandistiek, die aanlyn tydskrif vir taal- en letterkundige ondersoek, bespreek die Nederlandse taalkundeprofessor Marc van Oostendorp dié opdragte afsonderlik. Met sy toestemming vertaal en deel ek hier wat hy oor elkeen skryf. Want hoe lyk die ideale vir Afrikaans in die klaskamer van die toekoms?
Voeg gerus jou gedagtes by.
Een van die groot kopkrappers vir onderwysers, leerders en dié se gefrustreerde ouers, is lettergreepverdeling. Dit het ʼn doolhof, ʼn martelinstrument en ʼn uitvangparade geword waarmee jong sprekers geterroriseer word, sonder dat enigeen werklik weet waarom hulle moet weet hoe om woorde in lettergrepe te verdeel.
Vir Nederlands as skoolvak in die toekoms het kurrikulumbeplanners verlede week ’n dokument bekendgestel waarin sewe kernuitgangspunte – “7 grote opdrachten” – vir taalonderrig uitgestippel word. In Neerlandistiek, die aanlyn tydskrif vir taal- en letterkundige ondersoek, plaas die Nederlandse professor Marc van Oostendorp dié opdragte een vir een onder die vergrootglas. Met sy toestemming vertaal en deel ek hier wat hy oor elkeen skryf.
Hoe lyk die ideale vir Afrikaans as skoolvak in die toekoms?
Voeg gerus jou gedagtes by.
Vir Nederlands as skoolvak in die toekoms het kurrikulumbeplanners verlede week ’n dokument vrygestel waarin sewe kernuitgangspunte – “7 grote opdrachten” – vir taalonderrig gestel word. In Neerlandistiek, die aanlyn tydskrif vir taal- en letterkundige ondersoek, neem die Nederlandse taalkundeprofessor Marc van Oostendorp dié stellings een vir een onder die loep. Met sy toestemming vertaal en deel ek hier wat hy oor elkeen skryf. Want hoe lyk ons eie ideale vir Afrikaans as skoolvak in die toekoms?
Praat gerus saam.