Kry nou anderdag ʼn navraag van ʼn leerder – hulle moes die verskillende soorte selfstandige naamwoorde in die klas identifiseer, en hulle het geleer ʼn abstrakte selfstandige naamwoord is ʼn ding wat jy nie kan sien nie. Nou wil hulle weet: Is ʼn poep ʼn abstrakte selfstandige naamwoord?
Hierdie blog is ’n uitgebreide, verrykte weergawe van ’n rubriek wat op Vrydag 11 Mei in Beeld verskyn het, en wat jy hier kan lees.
Toe Hans Bennis, hoof van die Nederlandse Taalunie, dié week aan die Nederlandse Algemene Dagblad voorstel dat koerante en nuuswebwerwe naas gewone teks in hul berigte en artikels ook emotikons begin gebruik, was Twitter in rep en roer.

“Gebruik mense jonger as sestig nog emotikons?” vra ’n bekende professor kastig verbaas. “Kommunikasie met emoji’s? Dis apetaal!” sê ’n ander. Wat herinner aan die openingstrefwoord in die Instituut vir die Nederlandse Taal se internetwoordeboekie wat op 1 Mei as ’n geleentheidsboekie verskyn het om die internet se 25-jarige bestaan te vier, naamlik “aapstertgenerasie”: almal wat tussen 1990 en 2005 gebore is en met moderne kommunikasiemiddels soos die internet en e-pos (vandaar die aapstert, die teken @ in ’n e-posadres) grootgeword het.
Dat die internet binne ’n skrale kwarteeu omtrent elke aspek van miljoene mense se bestaan beïnvloed het, kan nouliks ontken word. Ook hoe ons deesdae met mekaar kommunikeer. Uit ons daaglikse kommunikasie, wat al hoe visueler raak, is kletssimbole nie meer weg te dink nie. Met foto’s en emoji’s in WhatsApp- en Snapchat-boodskappe, op Instagram, Twitter, Facebook, noem maar op, vind daar vandag gesprekke plaas waarvoor onlangs nog oproepe gemaak en e-posse en teksboodskappe gestuur is.
Hierdie week se interessante navraag handel oor die woord "cadeau". Die navraer het gehoor dit beteken "geskenk" en raai dat ons dit uit Nederlands gekry het, maar hy wou weet waar dit oorspronklik vandaan kom. Dit klink so half asof die woord ʼn Franse bloedlyn kan hê ...
Ek kry in die week ʼn navraag: Hoekom praat ons van ʼn "skoonsuster", "skoonpa", "skoonma" en "skoonfamilie", maar nie van ʼn "skoonbroer" nie? Wat het dié man dan gesondig dat hy so buite die patroon val?
Die antwoord daarop is natuurlik "ons kry dit so uit Nederlands", soos dit menige keer die geval is met sulke etimologienavrae. Maar dit help ook nou nie ek gee vir die navraer inligting wat hy waarskynlik self reeds vermoed het nie – wat hy eintlik vra, is hoekom die Hollanders dit so gebruik.
Hierdie blog is ’n uitgebreide, verrykte weergawe van ’n rubriek wat op Vrydag 20 April in Beeld verskyn het, en wat jy hier kan lees.
Een van die lekkertes van my werk by VivA is om dop te hou hoe Afrikaans verander. As ek herhaaldelik ’n nuwe woord sien: in verskillende publikasies, in die sosiale media, in blogs ... Herhaaldelik ’n nuwe woord hoor: oor die radio, in podsendings ... Herhaaldelik bestaande woorde in nuwe betekenisse gewaar ... Dan maak dit my bly, want Afrikaans word verryk en ek kan my vonds in VivA se woordeboekportaal gaan opteken.
Saam met elke dag se nuus kry Afrikaans nuwe woorde by. Ons leen, ons vertaal, ons skep self. Want so gemaak en so gelaat staan, is Afrikaans nog lank nie. Verslaggewers wat daagliks oor nuwe ontwikkelings, uitvindings, ontdekkings berig, speel ’n onmisbare rol om woordeboekmakers se aandag op nuwe woorde en nuwe betekenisse te vestig. Hier is ’n paar van my waarnemings van die afgelope week: