Sophia Kapp

Sophia Kapp

Donderdag, 20 Mei 2021 09:29

Woordsoorte: Waar sit jou setsel?

Trefwoorde: woordsoorte, setsel, voorsetsel, agtersetsel, alkantsetsel, multiwoordvoorsetsel.

Woensdag, 12 Mei 2021 13:08

Die WAT stel 16 bekend

Trefwoorde: WAT; woordeboeke; Woordeboek van die Afrikaanse Taal

Deel 16 van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is onlangs in Stellenbosch bekendgestel. Hierdie woordeboek word deur 'n gideonsbende saamgestel, wat rugbreekwerk doen om Afrikaans in sy volle reikwydte en diepte, en met erkenning aan al sy variëteite, op te teken. VivA het met doktor Frikkie Lombard, eindredakteur van die woordeboek, gesels oor die belangrike werk wat die WAT vir Afrikaans verrig.

Donderdag, 15 April 2021 08:12

Homofone - de breede en de smalle weg

Trefwoorde: semantiek, spelling, homofone, homofonie

Trefwoorde: woordsoorte; werkwoorde; niehoofwerkwoorde; skakelwerkwoorde; indirekte skakelwerkwoord; direkte skakelwerkwoord; hulpwerkwoorde; hulpwerkwoord van tyd; hulpwerkwoord van modaliteit; omskrywingshulpwerkwoord

Een van die lekker dinge van ʼn taaldiens soos hierdie, is die uiteenlopende aard van die navrae wat op my lessenaar/rekenaarskerm beland. Daar is nie geleentheid vir verveling nie, en baie van die navrae stuur my op ʼn kruistog om ʼn korrekte antwoord te kry.

Trefwoorde: woordsoorte; hoofwerkwoorde; niehoofwerkwoorde

In die Afrikaanse skoolgrammatika (ASG), toeganklik via ons webblad, het ons redelik baie aandag daaraan bestee om die werkwoord behoorlik te beskryf. Die rede daarvoor is tweeledig: Dit is ʼn baie groot klas; en dit is nodig om werkwoorde baie goed te begryp voor ʼn mens sinsontleding aanpak, want veral die identifikasie van sinsfunksies (wat deur die KABV vereis word), rus baie sterk op die korrekte klassifikasie van die werkwoord.

Donderdag, 05 November 2020 10:06

Woordsoorte: Die bykomende bywoord

In ʼn vorige blog, Die aangrypende adjektief, het ek oor adjektiewe (ook: byvoeglike naamwoorde) geskryf. Hierdie blog handel oor die adjektief se flambojante neef, die bywoord, wat dikwels as nagedagte by die partytjie opdaag, maar dan die hele geaardheid van die byeenkoms kan verander.

Donderdag, 29 Oktober 2020 10:07

Woordsoorte: Die aangrypende adjektief

Die adjektief is vir ʼn skrywer een van die nuttigste woorde in sy of haar arsenaal. Dit gee kleur, dit gee diepte, en in die hande van ʼn taalvaardige skrywer, is die noukeurige aanwending van adjektiewe in ʼn teks die manier om van ʼn goeie storie ʼn blitsverkoper te maak. Maar om die krag van hierdie oënskynlike maklike woord behoorlik in te span, moet ʼn mens verstaan hoe dit werk, en boweal hoe om dit in sinne aan te wend.

Donderdag, 15 Oktober 2020 12:24

Woordsoorte: Lidwoorde

Hierdie blog is gebaseer op die inligting oor lidwoorde soos vervat in die Afrikaanse Skoolgrammatika. ASG is ’n aanlyn hulpbron wat in Taalonderrigportaal gehuisves word. Registreer as ’n gebruiker by www.viva-afrikaans.org om toegang tot al ons produkte te kry. Jy moet registreer as ’n VivA-gebruiker om toegang te kry.

Dit is gewoonlik betreklik maklik om lidwoorde in ’n sin te herken, omdat daar maar ’n paar van hulle is, maar daar is tog ’n paar interessanthede om na op te let wanneer ’n mens oor lidwoorde gesels.

Bladsy 3 van 17