Sophia Kapp

Sophia Kapp

Ek kry heelwat navrae oor sinonieme. Dis skoolwerk, en dis iets wat geleer moet word, maar dit lyk my dit wat mense onder die term verstaan, verskil hemelsbreed. En die "skooldefinisie" daarvoor, wat lui dat dit gewoon "woorde met dieselfde betekenis" is, gee ook nie die kompleksiteit van die verskynsel behoorlik weer nie.

Desperate navraag laat die aand: Tannie, ons skryf môre Afrikaans en ek sukkel met trappe van vergelyking. Hoe weet ek wanneer is dit "meerder" en wanneer is dit "meeste"?

Ek rol nie meer my oë nie, nie vir die navraag, die omvang van die onkunde of die tyd nie. Ek herken paniek, selfs op ʼn WhatsApp, en weet ʼn mens hou jou preek vir ʼn meer toepaslike oomblik.

Gelukkig (vir die navraer se onthalwe en vir myne) is die reëls vir die trappe van vergelyking in die nuutste uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls opgeteken. Hoofstuk 16 bevat die volledige stel voorskrifte en vervang elke leer en dwaling wat tot nou toe oor die saak verkondig is. Boonop is daar voor in die hoofstuk ʼn baie nuttige tabel opgeneem wat dit vir elke opvoeder, leerder en gebruiker glashelder behoort te maak wanneer ʼn mens -er en -ste, en wanneer ʼn mens meer en die meeste gebruik.

So werk dit:

Kry vanoggend ʼn navraag van ʼn gebruiker: Wat is "huiswerk"? Dis vroeg en ek is nog deur die blare, en ek wil antwoord "ʼn pyn in die dinges", maar toe besef ek sy praat van woordsoorte, nie betekenis nie. Watter woordsoort is "huiswerk", wil sy weet.

In verlede week se blog het ek gewys hoe ʼn mens abstrakte selfstandige naamwoorde in ʼn sin identifiseer. Hierdie week gesels ek vinnig oor massanaamwoorde en hoe om hulle in ʼn sin uit te ken.

Kry nou anderdag ʼn navraag van ʼn leerder – hulle moes die verskillende soorte selfstandige naamwoorde in die klas identifiseer, en hulle het geleer ʼn abstrakte selfstandige naamwoord is ʼn ding wat jy nie kan sien nie. Nou wil hulle weet: Is ʼn poep ʼn abstrakte selfstandige naamwoord?

Donderdag, 10 Mei 2018 15:02

Die hoe en hoekom van "wie" en "wat"

Daar is in ʼn taaltannie se lewe vrae wat oor en oor opduik. Een so ʼn immergroene is: Wanneer gebruik ons "wie" en wanneer gebruik ons "wat"? Tydens elke toetsreeks en eksamen is daar ʼn nuwe stel jong gebruikers wat kopkrap, en elke nou en dan kry ek ʼn paniekerige boodskap van ʼn volwasse spreker wat oor die vingers getik is, maar nie weet hoekom hy raas kry nie. Ek het selfs al ʼn dominee of twee gehad wat ewe bedees kom advies vra het ná ʼn preekbeurt.

Dit help (altyd) om die reëls te ken. So sleg as wat dit vir jong taalgebruikers (en oueres) is om reëls te leer, is dit juis reëls wat ʼn mens in jou donkerste onsekerheid bystaan. ʼn Reël is nie ʼn ding wat ontwerp is om jou in ʼn Afrikaanseksamenvraestel "uit te vang" nie, dis iets wat jou help om skryfwerk te genereer wat deur jou taalgenote as leesbaar beskou word. En as jy die reëls ken en reg kan toepas, kan jy al die vingerwysers vriendelik dog ferm versoek om gerus ʼn reis na ʼn ongespesifiseerde bestemming te onderneem en jou met rus te laat.

Hier is die reëls dus vir die betreklike voornaamwoorde "wie" en "wat".

Hierdie week se interessante navraag handel oor die woord "cadeau". Die navraer het gehoor dit beteken "geskenk" en raai dat ons dit uit Nederlands gekry het, maar hy wou weet waar dit oorspronklik vandaan kom. Dit klink so half asof die woord ʼn Franse bloedlyn kan hê ...

Donderdag, 26 April 2018 10:39

Skoonvarke, en die onpas "swaer"

Ek kry in die week ʼn navraag: Hoekom praat ons van ʼn "skoonsuster", "skoonpa", "skoonma" en "skoonfamilie", maar nie van ʼn "skoonbroer" nie? Wat het dié man dan gesondig dat hy so buite die patroon val?

Die antwoord daarop is natuurlik "ons kry dit so uit Nederlands", soos dit menige keer die geval is met sulke etimologienavrae. Maar dit help ook nou nie ek gee vir die navraer inligting wat hy waarskynlik self reeds vermoed het nie – wat hy eintlik vra, is hoekom die Hollanders dit so gebruik.

Ek kry in die week ʼn navraag van ʼn gebruiker: Is dit "op vakansie" of "met vakansie"? Hoekom het ek nie hierdie antwoord op julle app opgespoor nie? Ek gebruik die app gereeld en ek soek al lank na hierdie inligting, maar as ek enige van die twee moontlikhede intik, kry ek ʼn boodskap dat die uitdrukkings nie bestaan nie. Hoekom?

Dis ʼn baie belangrike vraag, en dis belangrik dat elke gebruiker, jonk en oud, weet wat die antwoord daarop is.

Donderdag, 12 April 2018 12:39

'n Pyn in die oog (!!!!!)

Gereelde VivA-gebruiker Elridus Grobler vra: Hoe werk beklemtoning in tekste? Mag ʼn mens twee uitroeptekens gebruik? En wat van ʼn vraagteken en ʼn uitroepteken? Of is dit ʼn geval van "te veel van ʼn goeie ding is eintlik te veel"?

Ek kry gister ʼn versoek van ʼn gebruiker: Skryf tog vir ons iets oor "met". Ek mis tog so vir "met", dit was vir my so ʼn liewe, onmisbare voorsetsel, maar dit lyk my "met" is helaas in Afrikaans oorle.

Bladsy 9 van 17