profile pic

Die woord "mens": die vlinder in vlug

Maandag, 29 Mei 2023 Geplaas deur Nadine Fouché-Karsten

Sommige naamwoorde begin om hulle soos voornaamwoorde te gedra. Ons sê dat hulle gegrammatikaliseer het. Wat beteken hierdie woord: gegrammatikaliseer? Dit dui op die taalverandering wat plaasvind wanneer “’n konstruksie afstand doen van sy leksikale betekenis en evolueer om grammatikale betekenis uit te druk” (Breed 2012:x). Met ander woorde, grammatikalisering verwys na die verandering wat intree wanneer ’n woord afstand doen van sy woordeboekbetekenis / oorspronklike, letterlike betekenis (leksikale betekenis) en ’n betekenis begin uitdruk wat slegs uit die konteks van die sin afgelei kan word (grammatikale betekenis).

profile pic

Letters en klanke: troebel waters

Dinsdag, 02 Mei 2023 Geplaas deur Nadine Fouché-Karsten

Onlangs wil ek oplees oor die klankgrepe van ’n bepaalde woord toe ek op die Uitspraakwoordeboek op my boekrak afkom. Op een van die eerste bladsye trek die opskrif “Spelling en uitspraak is nie dieselfde nie” onmiddellik my aandag, want so dikwels het ek al stellings gesien soos “Herken en gebruik dubbelklanke: aa, oo, ee, uu”, wat nie klanke is nie maar letters.

Die vraag is dus: Wat is letters, en wat is klanke, én hoe moet die verhouding tussen dié twee verwoord word?

profile pic

Ek weet LETTERlik nou nie meer nie – enkele lettergreepkwessies onder die loep geneem

Maandag, 05 Desember 2022 Geplaas deur Nadine Fouché-Karsten

’n Lettergreep is bietjie soos my persoonlikheid. Partykeer dink my man dat hy met weergawe 1 te doen het, dan het ek lankal reeds na weergawe 21 oorgeskakel. Net so is die lettergreep. Kom ek gee ’n voorbeeld. Reëls 1.12 en 1.13 in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) maak voorsiening vir verskillende lettergreepverdelingsmoontlikhede wanneer ’n mens met die letterkombinasies <sj> te doen kry. As <s> en <j> verskillende klanke voorstel (soos in “asjas”), is die verdeling tussen die twee (naamlik “as-jas”), maar as hulle een klank voorstel (soos in “brosjure”), vind die lettergreepverdeling vóór <sj> plaas (naamlik “bro-sjure”).

Klomp persoonlikhede 

profile pic

Die bywoord met ’n houding: ’n voorgestelde lesplan

Maandag, 19 September 2022 Geplaas deur Nadine Fouché-Karsten

“Die maklikste manier om vir leerlinge die bywoord van modaliteit te verduidelik....asb” [sic]. Dit is een van die antwoorde wat ontvang het, nadat ek op VivA se Facebookblad vir Afrikaansonderwysers, Taalonderwysersforum, gevra het met watter aspekte van die bywoord probleme ervaar word.

In hierdie skrywe stel ek ’n lesplan voor wat gebruik kan word vir die onderrig van “bywoorde wat ’n betekenis van modaliteit kommunikeer” (soos wat daarna in VivA se Afrikaansgrammatikas verwys word) of “bywoorde van modaliteit” (soos wat daarna op skoolvlak verwys word). Die les volg ’n tipiese inleiding-ontwikkeling-konsolidasie-struktuur wat deur Lawrence et al. (2014:212-213) voorgestel word.

profile pic

Die bywoordelike bepaling: ʼn sintaktiese funksie met ʼn identiteitskrisis (deel 1)

Donderdag, 11 Augustus 2022 Geplaas deur Nadine Fouché-Karsten

1. Inleiding: die wanpersepsie rakende die aard van die bywoordelike bepaling

Die arme bywoordelike bepaling ondergaan op hierdie stadium ʼn identiteitskrisis deurdat dit dikwels as ʼn vormlike sinsdeel hanteer word, hoewel dit eerder, net soos die subjek (of onderwerp), objek (of voorwerp) en gesegde, dui op die funksie van ʼn sekere sinsdeel.

Dat daar in skoolhandboeke na die bywoordelike bepaling deur ʼn vormlike lens gekyk word, blyk duidelik uit die volgende aanhaling uit ʼn graad 12-leerderboek:

Lens