profile pic

Woordsoorte: Die aangrypende adjektief

Donderdag, 29 Oktober 2020 Geplaas deur Sophia Kapp

Die adjektief is vir ʼn skrywer een van die nuttigste woorde in sy of haar arsenaal. Dit gee kleur, dit gee diepte, en in die hande van ʼn taalvaardige skrywer, is die noukeurige aanwending van adjektiewe in ʼn teks die manier om van ʼn goeie storie ʼn blitsverkoper te maak. Maar om die krag van hierdie oënskynlike maklike woord behoorlik in te span, moet ʼn mens verstaan hoe dit werk, en boweal hoe om dit in sinne aan te wend.

profile pic

Woordsoorte: Lidwoorde

Donderdag, 15 Oktober 2020 Geplaas deur Sophia Kapp

Hierdie blog is gebaseer op die inligting oor lidwoorde soos vervat in die Afrikaanse Skoolgrammatika. ASG is ’n aanlyn hulpbron wat in Taalonderrigportaal gehuisves word. Registreer as ’n gebruiker by www.viva-afrikaans.org om toegang tot al ons produkte te kry. Jy moet registreer as ’n VivA-gebruiker om toegang te kry.

Dit is gewoonlik betreklik maklik om lidwoorde in ’n sin te herken, omdat daar maar ’n paar van hulle is, maar daar is tog ’n paar interessanthede om na op te let wanneer ’n mens oor lidwoorde gesels.

profile pic

Woordsoorte: Naamwoorde

Maandag, 28 September 2020 Geplaas deur Sophia Kapp

Hierdie blog is deel van die reeks blogs oor woordsoorte, en is gebaseer op die afdeling oor naamwoorde soos vervat in die Afrikaanse Skoolgrammatika (ASG). Die grammatika is ʼn aanlyn bron en is beskikbaar in VivA se Taalonderrigportaal.

profile pic

Woordsoorte: konteks is koning

Donderdag, 09 April 2020 Geplaas deur Sophia Kapp

In ʼn inleidende blog oor woordsoorte het ek genoem hoe belangrik dit is om nie woordsoorte te probeer bepaal sonder om die woorde binne sinskonteks te sien nie.

In die week loop ʼn jong gebruiker haar in hierdie einste ding vas toe sy in ʼn werkstuk ʼn vraag moet beantwoord: Watter soort voornaamwoord is die woord albei? Sy doen die regte ding: Sy gaan kyk in die woordeboek, want die woordsoort is mos deel van die inskrywing van elke woord. Maar in hierdie geval help die HAT en WAT nie, want albei bronne dui albei as telwoord aan en nie as voornaamwoord nie. Hoe nou gemaak?

profile pic

Reëls vir "hul" in donker gehul

Donderdag, 30 Mei 2019 Geplaas deur Sophia Kapp

Daar is, soos wat ek uit die navrae oor die kwessie kan aflei, uiteenlopende menings oor die aanvaarbaarheid van hul en hulle in skryftaal. Sommige gebruikers wil hul met wortel en tak uitroei, want hulle beskou dit nie meer as Afrikaans nie; ander wil dit met mag en mening behou, want hulle beskou dit as ʼn anker en ʼn verbintenis met Nederlands.

Albei groepe is natuurlik verkeerd. Hul is ʼn geldige woord – dit is opgeteken in moderne woordeboeke – en ons kry hul nie uit Nederlands nie – dit is in der waarheid eg Afrikaans; die ooreenstemmende Nederlandse voornaamwoord is hun. Volgens die taalkundige prof GS Nienaber (aangehaal in die WAT) het hulle en hul in die negentiende eeu hier in Suid-Afrika uit die Nederlandse hun-liede of hun-lui ontwikkel.

Dit is alles goed en wel, maar dit help navraers nie. Wanneer mag hul en wanneer mag hul nie?