In die blog “Hoofwerkwoorde: die hoofmeisie en hoofseun van die sin” is aangedui dat die term “hoofwerkwoord” ’n oorhoofse benaming vir twee werkwoorde is, naamlik selfstandige werkwoorde (oftewel leksikale hoofwerkwoorde in VivA se Afrikaansgrammatika) en koppelwerkwoorde. In hierdie blog is dié werkwoorde aan die hoofmeisie en hoofseun van die sin gelykgestel. Waar laat dit die ander werkwoorde dan? Hulle het ’n ondersteunende rol, net soos die res van die leerlingraadlede.

Daar bestaan die wanpersepsie op skoolvlak dat “hoofwerkwoord” ’n sinoniem vir “selfstandige werkwoord” is. In hierdie blog word hierdie wanpersepsie uit die weg geruim deur op die twee soorte hoofwerkwoorde te fokus.
Maar kom ons kyk net weer vir ’n oomblik na die metafoor wat in die titel van die blog voorkom. Waarom sê ek dat die hoofwerkwoord die hoofmeisie en -seun van die sin is?

Wat is die indirekte objek?
Die indirekte objek (oftewel indirekte voorwerp) moet beskou word as ’n funksie (“werk”) wat deur ’n sinsdeel in ’n sin verrig word. Wat beteken dit, as ’n sinsdeel die funksie (“werk”) van ’n indirekte objek het? Dit beteken die volgende (Biber et al., 2018:49; Ponelis, 1979:206).
Die Engelse vertaling van “klouerig” is “clingy”. Dit beskryf ons koppelwerkwoord so mooi. Anders as leksikale hoofwerkwoorde (op skoolvlak bekend as “selfstandige werkwoorde”) roep koppelwerkwoorde nie ’n beeld op wanneer hulle in isolasie (op hul eie) gebruik word nie. Wanneer net is gebruik word (bv. Sy is), verstaan ’n mens nie watter betekenis dit uitdruk nie, maar sodra ’n sinsdeel daarná gebruik word (bv. Sy is mooi), begryp ’n mens dat hierdie werkwoord op ’n toestand, ’n manier van wees, dui. Daarom is die eerste eienskap van koppelwerkwoorde dat dit klouerig is, want dit moet saam met ’n sinsdeel daarná gebruik word om ’n betekenis (‘toestand’) te kommunikeer. Dit moet met ander woorde aan so ’n sinsdeel “koppel”.
Inleiding
Die terme nasalering en vokalisering is terme wat nog op skoolvlak gebruik word. Dit word in ouer bronne soos Afrikaanse klankleer: fonetiek, fonologie en woordbou (De Villiers, 1967) gebruik, maar in resenter bronne soos Anna Coetzee se Fonetiek (Coetzee, 2017) en prof. Daan Wissing se boekhoofstuk “Fonetiek” in Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde (Wissing, 2017) word hierdie onderskeid nie getref nie. Daar word eerder slegs na nasalering verwys. Vokalisering is iets wat deel van hierdie proses is – iets wat hier onder duidelik na vore sal kom.