profile pic

Die toppunt van top: vas of los?

Donderdag, 06 September 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

Een van die samestellings in Afrikaans wat gebruikers groot hoofbrekens besorg, is die een met top waar dit beste beteken. Is dit nou los, vas of met ʼn koppelteken? Vas! Maar hoekom dan? Beste is dan los, hoekom is top vas?

profile pic

Watter soort blink is jou medalje?

Donderdag, 16 Augustus 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

Dis weer dáárdie tyd van die jaar: Oorwerkte en oorwroegte skoolpersoneel moet jaarblaaie saamstel en bepaal watter bloedjie welke prys gekry het, want trotse ouers moet darem aan die einde van die jaar die blad kan oopslaan om vir Ouma en Oupa te wys wat hulle nasate alles vermag het. Daarom het ek die afgelope klompie weke meer as een navraag gehad oor die skryfwyse van die medaljes wat sportsterre by die atletiek verower het, en die sertifikate wat die kunstiges by die eisteddfod opgeraap het. Is dit nou ʼn "silwermedalje" of ʼn "silwer medalje"? En wat maak ʼn mens met die kinders wat iets gouds gekry het? Is dit ʼn "goudmedalje", ʼn "gouemedalje" of ʼn "goue medalje"? Woordeboeke se raad is nie eenvormig nie, en die verwarring kring wyd.

profile pic

Massas huiswerk: Hoe om massanaamwoorde uit te ken

Vrydag, 08 Junie 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

Kry vanoggend ʼn navraag van ʼn gebruiker: Wat is "huiswerk"? Dis vroeg en ek is nog deur die blare, en ek wil antwoord "ʼn pyn in die dinges", maar toe besef ek sy praat van woordsoorte, nie betekenis nie. Watter woordsoort is "huiswerk", wil sy weet.

In verlede week se blog het ek gewys hoe ʼn mens abstrakte selfstandige naamwoorde in ʼn sin identifiseer. Hierdie week gesels ek vinnig oor massanaamwoorde en hoe om hulle in ʼn sin uit te ken.

profile pic

Die hoe en hoekom van "wie" en "wat"

Donderdag, 10 Mei 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

Daar is in ʼn taaltannie se lewe vrae wat oor en oor opduik. Een so ʼn immergroene is: Wanneer gebruik ons "wie" en wanneer gebruik ons "wat"? Tydens elke toetsreeks en eksamen is daar ʼn nuwe stel jong gebruikers wat kopkrap, en elke nou en dan kry ek ʼn paniekerige boodskap van ʼn volwasse spreker wat oor die vingers getik is, maar nie weet hoekom hy raas kry nie. Ek het selfs al ʼn dominee of twee gehad wat ewe bedees kom advies vra het ná ʼn preekbeurt.

Dit help (altyd) om die reëls te ken. So sleg as wat dit vir jong taalgebruikers (en oueres) is om reëls te leer, is dit juis reëls wat ʼn mens in jou donkerste onsekerheid bystaan. ʼn Reël is nie ʼn ding wat ontwerp is om jou in ʼn Afrikaanseksamenvraestel "uit te vang" nie, dis iets wat jou help om skryfwerk te genereer wat deur jou taalgenote as leesbaar beskou word. En as jy die reëls ken en reg kan toepas, kan jy al die vingerwysers vriendelik dog ferm versoek om gerus ʼn reis na ʼn ongespesifiseerde bestemming te onderneem en jou met rus te laat.

Hier is die reëls dus vir die betreklike voornaamwoorde "wie" en "wat".

profile pic

"Op vakansie" of "met vakansie"? Gids tot Woordeboekportaal

Donderdag, 19 April 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

Ek kry in die week ʼn navraag van ʼn gebruiker: Is dit "op vakansie" of "met vakansie"? Hoekom het ek nie hierdie antwoord op julle app opgespoor nie? Ek gebruik die app gereeld en ek soek al lank na hierdie inligting, maar as ek enige van die twee moontlikhede intik, kry ek ʼn boodskap dat die uitdrukkings nie bestaan nie. Hoekom?

Dis ʼn baie belangrike vraag, en dis belangrik dat elke gebruiker, jonk en oud, weet wat die antwoord daarop is.