Trefwoorde: getalle, nommers, syfers, telwoorde, uitskryf
Ek kom nou die dag die volgende Engelse woord teë waarvan ek nie die betekenis ken nie: “sesquipedalian”. Onmiddellik klim ek op die rekenaar en hark my versameling aanlyn Pharos-woordeboeke nader. ‘1 ’n lang mens/ding; 2 lang woord (naamwoord); 1 polisillabies, veellettergrepig; 2 ellelank (pred.), ellelang(e) (attr.); 3 langdradig, omslagtig, wydlopig” (adjektief)’ is die betekenisse wat daar vir my gegee word.
Wat ek gedoen het, is om ’n hulpmiddel, naamlik ’n woordeboek, te gebruik om ’n talige kwessie op te los. Net so is kennis van woordsoorte ’n belangrike hulpmiddel wat gebruik word wanneer die korrekte spelling van woorde bepaal moet word. Woordsoorte moet derhalwe as ’n middel tot ’n doel beskou word en nie ’n doel op sigself nie – ’n mening wat ook in die onderrigleerplan, die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring, gehuldig word.
Kry in die week ʼn versoek van ʼn gebruiker: Verduidelik bietjie vir ons waar die uitdrukking husse met lang ore vandaan kom. Wat is ʼn hus?
Trefwoorde: idioom; vaste uitdrukking; gesegde; spreekwoord; spreuk