Inleiding
Ek het ’n geruime tyd gelede die navraag ontvang watter woordsoort die woord om in die voorbeeld Die olifant stoot die boom om is. Die gebruiker het gewonder of dit ’n bywoord, ’n voorsetsel of ’n tweede werkwoord is, en watter element van die STOMPI-riglyn daarmee geassosieer word.
Ek het onmiddellik besef dat hierdie woord eintlik meer as een funksie binne die sin kan verrig. Dink só daaraan: Almal kyk nie op dieselfde manier na ’n selfoon nie. Een persoon beskou ’n selfoon as ’n kommunikasiemiddel, iemand anders gebruik dit vir navigasiedoeleindes, en dan is daar selfs mense wat dit vir vermaak (soos om na musiek te luister) of as ’n wekker gebruik. Dit bly ’n selfoon, maar sy funksie word bepaal deur die een wat hom in sy hand hou. Net so word die funksie van om bepaal deur die wyse waarop die sin waarin dit voorkom, ontleed word.
Ek ontvang nou die dag die vraag oor wat die reël is wanneer twee selfstandige werkwoorde (oftewel "leksikale hoofwerkwoorde") in dieselfde veelvoudige sin (oftewel "neweskikkend komplekse sin) voorkom en hierdie sin in die verlede tyd geskryf moet word. Die sin wat ons as voorbeeld gaan gebruik, is: Die kat en die hond hardloop in die bos, en hulle soek na voëls.
In ouer bronne word woorde soos waarin, waarvan, waarop en waaronder saam met wie en wat gegroepeer en betreklike voornaamwoorde genoem, hoewel hulle eintlik nie saam hoort nie. Die eerste groep woorde (waarin, waarvan, waarop en waaronder as enkele voorbeelde) hoort saam, terwyl wie en wat ’n afsonderlike tweede groep vorm. Groep 1 word “voornaamwoordelike bywoorde” genoem – hulle is dus ’n soort bywoord, terwyl groep 2 betreklike voornaamwoorde is – ’n soort voornaamwoord.
In hierdie blitsblog:
Dit is onmoontlik om met mekaar te praat sonder om te verwys na mense, nielewende voorwerpe, diere of plekke, om slegs enkeles te noem. Die woorde wat ons gebruik om hierdie sake te benoem, is naamwoorde (oftewel selfstandige naamwoorde soos dit op skoolvlak bekendstaan). In die onderstaande prentjie gebruik ek ’n hele reeks naamwoorde om sake, die entiteite in die prentjie, te benoem. Byvoorbeeld, ek gebruik die naamwoord “wolk” om die wit massa in die lug, wat klein druppeltjies water (reën) vorm, te benoem.
Figuur 1: ’n Uitbeelding van naamwoorde wat sake benoem
(Dit is geskep m.b.v. Canva AI Image Generator.)
Het jy al opgelet hoedat mense die woord bottel gebruik om eintlik na die inhoud van die bottel te verwys, soos in Die baba drink sy bottel; of hoe oog vir detail gebruik word in plaas van fyn aanvoeling vir detail, soos in Sy het ’n oog vir detail?

Wanneer jy woorde só vervang, skep jy skakels tussen dinge rondom jou: tussen die bottel en die inhoud daarvan, of tussen die vermoë om fyn detail te identifiseer en die deel van die mens, die oog, wat die fyn detail waarneem. Hierdie skakels word deur hulle taalgebruik gereflekteer. Jy wys hierdeur vir ander mense hóé jy sin maak van die konsepte rondom jou.
Jy gebruik met ander woorde elke dag metonimie, want jy gebruik die naam van een entiteit om te verwys na ’n ander entiteit wat daarmee verband hou (Lakoff & Johnson 1980:35). Anders gestel: Jy benoem ’n sekere saak of entiteit nie direk nie, maar indirek (Nordquist 2018).