profile pic

Die begin of die einde – waarheen met die werkwoord?

Donderdag, 07 Februarie 2019 Geplaas deur Sophia Kapp

Het jy al hierdie reël vir ʼn kind geleer: As jy meer as een werkwoord in die sin het, skuif die werkwoord na die sinseinde? Indien wel, moet jy nou eers jou rooi pen neersit en hierdie blog lees.

profile pic

Druk in die drukte - hulp met homonieme

Donderdag, 29 November 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

Ek werk aan ʼn lys homonieme. Dit moet as voorbeeldmateriaal dien vir die stukkie in Taalonderrigportaal oor homonieme. Maar ek gaan mos nou nie die wiel van voor af uitdink nie, ander (baie meer ervare en geleerde) skrywers voor my het al sulke lyste gemaak. Ek begin sommer daar en pas net voorbeeldmateriaal aan.

 

Ek soek en raap en skraap, raadpleeg ou handboeke (ek het nog my ma se skooluitgawe van Barnes!), die Groen Bybel (Afrikaans, my taal, waarmee almal in die ou bedeling grootgeword het), en elke digitale lys wat Google vir my kan uitspoeg. Sit naderhand met ʼn stewige lysie. Begin voorbeeldsinne uitdink om die betekenisverskille te illustreer. En net daar val ek vas. Want sommige van dié betekenisverskille lyk vir my homonimies ver, maar sommige lyk vir my polisemies naby. Ek kan sweer dié voorbeelde is nie homonieme nie, maar dis dan as homonieme in gestandaardiseerde lyste opgeneem, nou wat nou?

profile pic

Direkte en indirekte rede: ’n gedwaal in die duister

Donderdag, 22 November 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

As daar nou een onderwerp is waarmee daar in Afrikaansonderrig kleigetrap word, is dit die direkte en indirekte rede. Die redes daarvoor is veelvuldig én veelvoudig, maar die oerdwaling het gekom, vermoed ek, by die behoefte om “maklike” reëls te skep waarmee kinders “maklik” onderrig en “maklik” geassesseer kan word. Intussen het hierdie “maklike” reëls so ver van die werklikheid verwyder geraak dat ’n hele geslag taalgebruikers glo hulle kan die taal van hulle harte en monde en sinne nie beheers nie. Dit maak van hulle vreemdelinge in hulle moedertaal, en ons verloor nie net hulle belangstelling nie, ons verloor hulle entoesiasme en hulle passie vir die taal.

 

Maar goed, kom ons begin by die begin: Waarom moet leerders leer hoe direkte en indirekte rede werk? Omdat sekere tekste en kontekste van die skrywer vereis om ’n spreker se woorde oor te vertel of te rapporteer. (In Engels is “reported speech” ’n sinoniem vir “indirect speech”.) Direkte rede word byvoorbeeld by uitstek in fiksietekste gebruik. In tekste soos koerantberigte, rubrieke, notules en verslae raak aanhalings van iemand se direkte woorde al hoe minder bruikbaar. Wat meer is, selfs in fiksietekste is daar soms geleenthede waar die verteller vir die leser vertel wat ’n karakter gesê het. Die probleem is net: Die aard van die indirekte rede verskil na gelang van die teks, en dis hier waar die skoolreëls leerders liederlik in die steek laat. 

profile pic

Nog los-en-vassery: privaat, gunsteling en reuse

Donderdag, 11 Oktober 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

As daar nou een manier is om taalgebruikers se lont aan te steek, is dit om ʼn plasing op VivA se Facebookblad te maak wat inhou dat hulle opvattings oor wat reg is verkeerd is.

profile pic

Eerstes, tweedes, sewes en onderes – nog een vir die jaarblaaie

Vrydag, 28 September 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

Die jaarbladjuffrouens bel VivA se foon warm. Die medaljes is gedek in die blog Watter soort blink is jou medalje?, maar hoe gemaak met die sportspanne waarin die beste spelers speel? Is dit eerste span of eerstespan? En wat maak ʼn mens met daardie span as jy nou wil aandui dat dit rugbyspelers is wat daarin speel? Is dit eersterugbyspan, eerste- rugbyspan of eerste rugbyspan? Hoe gemaak met sewespan/sewesspan? En dan kom die onder ook nog by. Waarvandaan sal ons hulp tog kom in dié samestellingspellingdoolhof?