TEKEN AAN OF REGISTREER OM 'N SOEKTOG UIT TE VOER

DIE VIRTUELE INSTITUUT VIR AFRIKAANS

    Afdelings
    VivA Algemeen
    VivA Akademies
    VivA Taalpraktyk
    VivA Onderwys
    VivA Uitgewers
    VivA Tegnologie
     
    VivA Weldoener
     
    Viva Uitgewers

    Ons bring die digitale biblioteek na jou toe

    VivA Uitgewers Aanlyn VivA Uitgewers Dis in die soen

    Lees die nuutste boeke op VivA-Uitgewers

    Wanneer mag “moet nie”? Vir geslagte lank word op skoolvlak onderrig dat net “moenie” korrek is, maar woordeboeke, die Afrikaanse woordelys en spelreëls en selfs moderne taalkundiges vertel ’n ander storie. Vandag kyk ons na die verrassende waarheid agter een van Afrikaans se bekendste skoolkonvensies.

    1. Wat is die eu-klank?

    Volgens die tradisionele reëlboeke word die spraakklank wat die letterkombinasie “eu” (asook “ee” en “oo”) voorstel, as ’n lang vokaal, meer spesifiek ’n lang middelhoë vokaal, geklassifiseer.

    In suiwer teorie is die eu-klank, voorgestel as /ø/ in die Internasionale Fonetiese Alfabet, veronderstel om net as ’n enkele klank uitgespreek te word, waar jou mond stil in een posisie bly, in teenstelling met ’n ware diftong of tweeklank, soos die ou-klank /œu/, waar jou mond doelbewus van een posisie na ’n ander moet beweeg.

    Watter een van die onderstaande sinne se woordvolgorde is korrek?

    • “Die mense hou een maal ’n maand piekniek onder die boom.”
    • “Die mense hou een maal ’n maand onder die boom piekniek.”

     

    Inleiding

    ’n Samestellende afleiding word in die eerste plek nie bepaal deur alleenlik na die morfeme/woorddele/komponentstrukture waaruit dit bestaan te kyk nie, maar ook die proses waarvolgens hierdie dele saamgevoeg word. Ons het in die blog “Taaltameletjie 1: Samestellende afleidings (deel 1)” gesien woorde soos “indiensneming” en “swembadjie” bestaan dalk uit dieselfde morfeme, maar slegs die eersgenoemde woord is ’n samestellende afleiding. Die woord “swembadjie” is ’n afgeleide samestelling (of afgeleide kompositum).

    In hierdie blog stel ons ondersoek in na:

    • die morfologiese ontleding van “kindersiektes”;
    • die benadering van woorde soos “swembadjie” en “kindersiektes” deur die NSS-paneellede; en
    • die kriteria om te bepaal of iets ’n samestellende afleiding is, al dan nie.